vrae
Ons vra vriendelik dat alle RSVP's teen 30 September 2026 bevestig word, sodat ons die nodige reëlings kan finaliseer.
Ongelukkig is die aantal gaste wat ons kan nooi beperk en daarom kan ons net gaste akkommodeer wat op die uitnodiging aangedui is.
Semi-formeel (geen denimbroeke en vermy asseblief enige skakering van pienk).
Wenk: As jou uitrusting geskik is vir 'n Saterdagmiddag-braai, is dit waarskynlik nie semi-formeel nie.
Kinders onder 10 jaar het geen spesifieke kleredragvereistes nie.
Mariaan Burger – 083 274 8319
Jani Botes – 072 875 6296
Daar sal 'n kontantkroeg beskikbaar wees.
Die kroeg open direk ná die seremonie, kaartfasiliteite is beskikbaar.
Gaste is welkom om hul eie rekening (tab) oop te maak en dit aan die einde van die aand te vereffen.
Let wel: Geen eie drank word op die perseel toegelaat nie.
Indien hierdie reël oortree word, sal boetes gehef word.
Desember is gewoonlik 'n sonnige en baie warm maand.
Ons beveel aan dat jy ligte, gemaklike klere dra en swaar uitrustings vermy.
Ongelukkig is daar geen verblyf op die perseel beskikbaar nie.
Raadpleeg asseblief die lys van aanbeveelde verblyfopsies in die menu bar.
Bespreek gerus so vroeg as moontlik, aangesien Desember 'n gewilde en besige tyd van die jaar in Upington is.
DESIGNED BY BITTERSOET STUDIO